Die area

Suurbraak is ‘n pragtige klein dorpie aan die voet van die Langeberge net noord-oos van Swellendam en ongeveer 25 kilometers suid-wes van Barrydale 26232400_1559061877525604_1906046457526032181_odeur die Tradouwpas oppad na die N2. ‘n Gemaklike 3 ure se ry van Kaapstad deur een van die Weskaapse mooiste areas.

Die dorpie is in 1812 as ‘n sendingstasie gestig en het deur die jare behoue gebly.

29355250_1562195493878909_1006902764065462526_oDie historiese kerkie op die dorpspleintjie is ten volle gerestoureer en ‘n ware refleksie van die ryk en kleurvolle geskiedenis van hierdie juweel op die oewers van die Buffelsjagrivier.

 

Behalwe vir die asemrowende natuurskoon 29064478_1566436760121449_7941075282452467191_owat die hele omgewing omring, is daar talle voetslaanpaadjies in die klowe en bos om te ontdek, interessante en ‘n unieke eetplekkie en genoeg oorslaapfasiliteite wat Suurbraak ‘n vakansie- of sommer ‘n wegbreek naweek bestemming.

26172188_1483723495059443_8752645295568002485_o

Die mense is gasvry en vriendelik en besoekers aan die omgewing is welkom om by die inligtingsentrum in te loer om bietjie meer oor die dorpie en omgewing uit te vind.

Die Buffeljagsrivier vloei langs die dorp verby met die Caledonrivier (uit die Kloof) en die Tradouwrivier uit die skilderagtige Tradouwpas (net 5km oos van die dorp) aansluit.  Water vloei wes van die dorp in die Buffeljagsdam (Umshanti Oord) en na die Breërivier. 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s