Paradise Organic Restaurant

Eienaars Greg Gill en Louis Opperman is baie trots op hulle eetplek Paradise Organic Restaurant wat reg op die hoofstraat geleë is.

Die atmosfeer is gemaklik, informeel en die uitsig van die stoepie oor die rivier en berge, is ongelooflik.IMG_4612

Die persoonlike aandag wat Greg en Louis aan hulle gaste gee, is baie spesiaal en gee werklik die indruk dat jy sommer net by hulle kuier.

Die spyskaart dek alles wat mens nodig het om daardie gaatjie toe te maak of sommer net ‘n versnapperingtjie te geniet.

Behalwe vir die heerlike, groot plaasontbyt met spek, eiers, roosterbrood, sampioene en heerlike tuisgemaakte konfyte is daar smaaklike midagetes om van te kies of Paradise Organic Restaurant se ‘specalities’ vars slaaie, smoothies en vrugtesappe.

Paradise Organic Restaurant is ook beskikbaar vir funksies met ‘n maksimum van 30 persone.

Kontak details: greggillsb@gmail.com of selfoon 083 454 2237.