Speel

Daar is regtig baie om te doen in en om Suurbraak. Swellendam huisves talle historiese geboue, museums en die Bontebok Nasionale Park is net om die draai.

Die naam van die dorp was eers XAIRU wat “Pragtig” of “Paradys” beteken. 

Later het dit ZUURBRAAK en nog later SUURBRAAK geword agv die suurgrond en die plat meent of bergvarings. 

Die Buffeljagsrivier vloei langs die dorp verby met die Caledonrivier (uit die Kloof) en die Tradouwrivier uit die skilderagtige Tradouwpas (net 5km oos van die dorp) aansluit.  Water vloei wes van die dorp in die Buffeljagsdam (Umshanti Oord) en na die Breërivier.

img_4513