Staproetes

 

“Die natuur beloon mense wat omgee!

En as jy omgee, is jy baie welkom by die staproetes in die Langeberge, Suurbraak!  vakansie-500

Die Dennebosroete (3-4 uur vir fiks persone: Graad 2: 6,3km) en bestaan uit verskillende seksies waarvan img_5453elkeen ‘n ander hoek van die omgewing uitlig soos op- en afdraandes, dennebos, bospad, uitsigpunte oor die dorp, valleie en plase, Aalwynrant, die Kloof en die Meuldam. 

Hierdie roete kan in die middel van die somer gestap word omdat daar genoeg skaduwee is.vakansie-498

‘n Unieke aspek van die Dennebosroete is dat daar in ‘n hele klompie Besprekingsareas oopgemaak is waar stappers nie net kan rus nie, maar daar spanbou en opleiding gedoen word. 

Dit is handig vir opleidingsinstansies, opvoedkundige inrigtings, kerke, skole, organisasies en besighede.  Die onderwerp wat bespreek moet word, word onderverdeel in 4 of 5 afdelings en een seksie word dan per rusplek bespreek nadat die teenwoordiges ‘n ent gestap het. 

Die gemaklike atmosfeer, skoon lug en uitsigte maak hierdie metode baie effektief!  Groepe moet bereid wees om die plekke wat hulle gebruik, deeglik skoon te maak daarna sodat dit vir ander ook ‘n plesier kan bly. 

MEULDAMROETE: Die onderste deel van die Dennebosroete.  Nie moeilik nie, maar skilderagtig.  Vir die nie-sofikses en kinders.  U stap geheel en al op eie risiko.  Ongeveer 3km.  Gr 1,5.  Gratis!

VOORBERG WATERVALROETE: ‘n Uitdagende roete vir fiks persone, gereelde stappers en Stapklubs.  Gr 3. Ongeveer 11km. 7-8 uur.  Die moeite werd!  Asemrowende uitsigte oor die dorp, plase, damme, en ons skilderagtige inheemse Kloof met sy watervalle.

GEEN HONDE, VURE OF OORSLAAP OP DIE ROETE WORD TOEGELAAT NIE. 

IMG_4674Stappers moet permitte voor die tyd koop en ‘n Vrywaring invul.  Hulle stap geheel en al op eie risiko.  Hulle kan enige tyd gevra word om hulle Permit te toon aan lede van die ATKV Suurbraak of die Munisipaliteit.

GEEL VIR OPDRAAND (tot ongeveer 2.4km) en BLOU VIR AFDRAANDE (van ongeveer 2,4km tot 3km).  Probeer om die Uitsigroete aan die einde van die Bospad in te sluit, want dit bied wonderlike uitsigte in die Kloof op (Tafelkrans en watervalle).  Ook die Meuldam verdien ‘n besoek. speel3

Voorberg Watervalroete:  ROOI aanduidings op en af.  Steil hellings op en af met gelyk middelseksie.

PERMITGELDE: Dennebosroete: R20pp tot 10 persone, R15pp meer as 10 persone, R10 Kinders bo 10.  Gids, indien vooraf bespreek: R20 per uur.) img_5452

Meuldamroete: Gratis. 

Stap navrae:  Ernie op 079 333 0055, erniemellet@telkomsa.net

Bergfietsroetes:  Skakel Aileen Anderson of Walter Brosius op 079 335 0269.