Suurbraak

Suurbraakers is talentvol, innoverend en vriendelike mense wat altyd tyd het om ‘n woordjie of twee met besoekers te wissel.

Maak gerus ‘n punt daarvan om die plaaslike talent en besighede te ondersteun.

Een van hierdie kreatiewe persoonlikhede is Piet Botha en sy fabriek Xairu Rustic Furniture is regtig iets om te beleef.img_5690

Gaan kyk gerus wat hierdie man alles met hout kan maak.

Piet se telefoonnommer is 076 389 6714.

Martie Armoed is ‘n ander entrepeneur wat met haar spannetjie, kwaliteit houtstoele maak wat jou werklik na jou asem sal laat snak.img_5721IMG_4649

Suurbraak Furniture is in ‘n pragtige ou gebou aan die bo-kant van die dorp geleë en is beslis ‘n besoek werd.

Martie se telefoonnommer is 072 208 2308.

vakansie-418

Vir ander inligting oor Suurbraak, sy mense en/of toeristeaantreklikehede in die omgewing, kontak gerus vir Heather Swart by die Toerisme kantoor op 028 514 2770 of kontak Sarie op 082 904 7682.

img_4699