‘n Ware Paradys

  Daar is regtig niks wat ‘n mens se siel so verkwik en die koppie weer bietjie skoon en helder maak as om kwaliteit tyd met vriende in die buitelug en natuur te spandeer nie. Suurbraak is ‘n klein paradyssie wat ongerep en uitlokkend wag om geniet te word.

Speel

Wanneer jy in Suurbraak kuier, gaan die honde jou letterlik vir ‘n uitstappie neem.  Ons daag jou uit om te kyk hoeveel verskillende voëls jy kan identifiseer so bring gerus die verkykers saam. Suurbraak is ‘n fotograaf-paradys. Kom neem pragtige natuur fotos of anderste fotos van plaasdiere wat in die hoofstraat afstap.  Bring die fietse…

Die area

Suurbraak is ‘n pragtige klein dorpie aan die voet van die Langeberge net noord-oos van Swellendam en ongeveer 25 kilometers suid-wes van Barrydale deur die Tradouwpas oppad na die N2. ‘n Gemaklike 3 ure se ry van Kaapstad deur een van die Weskaapse mooiste areas. Die dorpie is in 1812 as ‘n sendingstasie gestig en…

Eet

Swellendam en  omgewing is bekend vir die gehalte, kwaliteit en uniekheid van sy restaurante en koffiewinkels,  Suurbraak is geen uitsondering op die reël nie! Wat Suurbraak se eetplekkie egter ietwat anders maak is dat die geregte voorgesit word met vars groente en kruie wat gekweek word in die omgewing.  Produkte vars uit die grond uit….

Slaap

Wat is nou lekkerder vir jou en liefie as om ‘n naweektassie te pak, fietse op die dak vas te maak, die honde in die kar te gooi en die pad te vat en nuwe plekkies to ontdek wat anders en opwindend is. Wel, ons het die perfekte akkommodasie wat letterklik in enige iemand se smaak…